14 COVID-19 gevalle bevestig vir Nama Khoi regsgebied
Illustrasie Foto: deur Adam Nieścioruk op Unsplash

Die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gisteraand in sy gebruiklike toespraak, die jongste COVID-19 statistieke vir die land bekendgemaak.

Hy het 21 nuwe gevalle van die virus in Namakwa distrik bevestig met 14 nuwe gevalle vir die Nama-Khoi regsgebied, na die laaste aankondiging.

Dit laat ons met ‘n totaal van 487 persone wat positief getoets het vir die virus, terwyl 331 pasiënte herstel het.

Nama-Khoi het huidiglik 151 aktiewe gevalle van die virus.

Covid-19 syfers in Noord-Kaap

Die minister het bygevoeg dat nog 73 persone in die Noord-Kaap positief getoets het vir die virus.

Dit bring die provinsie se totale infeksiesyfer  tot op 22 575 te staan en die provinsiale dodetal op 301 te staan.

Daar het tot dusver 18 661 persone intussen herstel, wat die provinsie laat met 3 600 persone wat die COVID-19 onder lede het.

Covid-19 syfers in Suid-Afrika

Die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 2 338 meer geword in Suid-Afirka.

Dit bring die totale bevestigde gevalle op 744 732 te staan en die dodetal op 20 076 nadat nog 65 aangemeld is.

Tot dusver het 690 903 mense al van die virus herstel.

Dit is ‘n herstel koers van 92,7%.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES