Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Windsorton polisie-stasie beroof

Die polisie se Valke is opsoek na vier voortvlugtige mans wat vandeesweek die Windsorton polisie stasie beroof het.

Die provinsiale woordvoerder vir die Valke, Nomthandazo Mnisi het gesê die vier misdadigers het twee polisie-beamptes gevangene gehou en met vier pistole en twee gewere gevlug.

Mnisi het gesê die verdagtes het in ‘n wit Audi met ‘n Botswana registrasie-plaat weggejaag.

Enige persoon wat die polise kan help om die misdadigers vas te trek, kan die Valke skakel by 0714812624

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES