Beskuldigde vas vir moord op polisievrou

Die 38-jarige man wat vir die moord op Sersant Nontombi Manie (39) beskuldig word, is Dinsdag op Kuruman in hegtenis geneem.

Thulani Roxo was ’n voortvlugtige nadat hy Manie vermoedelik op 2 Maart vanjaar doodgesteek het.

Fotos van die verdagte is wyd op verskillende mediaplatforms versprei, wat daartoe gelei het dat die publiek inligting oor sy verblyf gerapporteer het.

Die Valke se ernstige georganiseerde misdaad ondersoek-eenheid het hom gearresteer tydens ’n gesamentlike operasie met die blitspatrollie, Kuruman-polisie en die plaaslike buurtwag.

Sersant Manie wat aan Kuruman SAPD verbonde was, het aan haar wonde beswyk nadat sy met ‘n swaard in die nek gesteek is.

Roxo het reeds op Woensdag in die Kuruman-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.

Nomthandazo Mnisi, ’n provinsiale woordvoerder vir die Valke-eenheid het gesê die polisiediens het een van die goeies verloor. “Die arrestasie van die verdagte is bewys dat mans en vroue in die polisiediens misdaad in Suid-Afrika beveg.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *