Noord-Kaap boere kry R30m om droogtehulp

Adjunkpresident David Mabuza stel R30 miljoen beskikbaar vir die verkryging en verspreiding van voer vir die boerderygemeenskappe in die Noord-Kaap wat deur droogte getref is.

Mabuza het Aggeneys in die Namakwa-distrik Vrydag besoek as deel van die grondhervorming en die geïntegreerde ondersteuningsprogram vir boere.

Luidens ‘n verklaring van die presidensie het die Noord-Kaap tans volgehoue droogte in sy vyf distrikte beleef.

Mabuza het verder gesê die regering het hom daartoe verbind om hulp te verleen vir die produksie van voer om die huidige kapasiteit van die voerkraalbank wat deur die provinsie gestig is, te vergroot.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *