Rylopers beroof motoriste

Die polisie op Postmasburg het ‘n ernstige waarskuwing uitgestuur aan motoriste om nie rylopers in die omgewing saamrygeleenthede aan te bied nie.

Dit kom nadat die polisie verskeie klagtes ontvang het van lede van die publiek wat deur rylopers aangeval en beroof was.

‘n Polisie-woordvoerder in die Noord-Kaap, Luitenant Olebogeng Tawana het gesê daar is gevalle aangemeld waar slagoffers van rylopers met messe aangeval word vir kontant of hul bankkaarte.

Tawana waarsku ook dat verdagtes aggressief en heel moontlik gevaarlik kan wees

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *