“Strafregstelsel het geen nagevolge vir misdadigers”

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het in ’n debat oor die jongste misdaadsyfers in die provinsiale wetgewer gesê daar is geen verantwoordbaarheid in die strafregstelsel as misdaad toeneem nie.

Winde meen die jaarlikse bekendmaking van die misdaadsyfers is bloot ’n “geskiedenisles” wat nie vir bestuursdoeleindes gebruik word nie en geen gevolge het wanneer dinge versleg nie.

Winde het benadruk dat daar ook geen nagevolge vir misdadigers is as die koers van skuldigbevindings landwyd op 3% staan nie.

Winde wou weet wat gebeur met die groot aantal sake wat teruggetrek word, veral omdat die dossier nie in die hof is nie of weens onvoltooide ondersoeke.

Hy sê dié soort probleme word in die Wes-Kaap raakgesien danksy die provinsiale regering se “waarnemingsopdrag”-program, wat die vordering van hofsake monitor. Dit is die enigste provinsie met so ’n program. #newskoop

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *