WhatsApp waarsku van kuberkrakers

Selfoongebruikers is gemaan om die nuutste weergawe van WhatsApp dadelik af te laai om te verhoed dat kuberkrakers toegang tot hulle inligting verkry.

Booswigte het ’n manier gevind om ’n gebruiker se WhatsApp-rekening te kraak deur ’n skynbaar doodeenvoudige GIF na die persoon te stuur.

’n GIF is ’n bewegende foto en word veral gebruik om snaakse oomblikke uit televisiereekse of flieks uit te beeld. Facebook, wat WhatsApp besit, het bevestig dat ’n gogga veroorsaak dat kuberkrakers toegang tot die kletsdiens se kode kan kry en kwaadwillige programmatuur op gebruikers se fone installeer.

TechRadar berig die aanval was net moontlik op toestelle met Android en wat alle weergawes van WhatsApp gebruik voor weergawe 2.19.244.
Facebook het bevestig dié jongste weergawe stel die fout reg. #newskoop

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *