Gauteng-man in hof oor strafbare manslag

Nababeep- Thandani Brain Ntombela (36) van Vosloorus, ‘n informele nedersetting in Gauteng het onlangs in die Springbok Landdroshof verskyn op aanklagte van strafbare manslag en dronkbestuur na ‘n onlangse motor-ongeluk.

Ntombela is verlede maan in hegtenis geneem nadat ‘n 45-jarige man, Lehlohonolo Matease in die ongeluk dood is.

‘n Polisiewoordvoerder, Adjudant Gerrit Cloete, het die ongeluk bevestig en gesê Ntombela sal weer op 2 Desember op die hof verskyn.

Verder, het President Cyril Ramaphosa het verlede week tydens ‘n veldtog bekendgemaak dat wetteloosheid op paaie nié langer geduld gaan word nie.

Ramaphosa het hierdie aankondiging gemaak tydens ‘n hersiene ‘Arrive Alive’ progam van die departement van vervoer.

Hy het gesê nagenoeg 14 000 mense verloor hul lewens op paaie en dat padongelukke kos die regering sowat R166 biljoen per jaar.

Ramaphosa het vroeër vanjaar ‘n beslissing in die administratiewe beoordelingswet van pad en verkeersoortredings geteken.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *