Plaaslike onderwyser wen groot pryse

‘n Graad-R onderwyser van Klipfontein het groot pryse gewen en derde geeïndig tydens die jaarlikse Onderwystoekennings.

Die toekennings het gedurende verlede week in Kimberley plaasgevind.
Die provinsie se LUR vir onderwys, Mac Jack, het onderwysers geloof vir hul positiewe bydraes.

Die premier, dr. Zamani Saul het gesê onderwys dra by tot die welstand van elke burger en die algehele ontwikkeling van die land.

Hy het gesê dit is nie net ‘n medium om produktiwiteit en groei in die ekonomie te verbeter nie, maar ook ‘n effektiewe instrument om deelname aan demokrasie uit te brei en te verhoog.

Monique Stewe van die Klipfontein primêre skool, is verheug dat haar harde werk so beloon word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *