Tienerseun verdrink op Kleinsee

‘n Wes-Kaapse familie is in rou gedompel nadat hul 14-jarige seunskind Sondag op Kleinzee verdrink het.

‘n Woordvoerder namens die familie, Lindsay Kloppers het gesê die oorledene, Austin Kloppers het gaan swem en moes in ‘n brander vasgevang gewees het.

Kloppers het gesê hulle wag egter steeds op die polisie se professionele duik-eenheid wat nog nie opgedaag het nie.

Volgens Kloppers het die polisie glo aan die familie gesê om te wag totdat sy liggaam uitspoel.

“Ons kan nie wag tot daar iets gebeur nie. Ons benodig hulp,” het sy gesê.
Kloppers sê hul besoek aan Kleinzee was op versoek van hul ouma wat baie siek is.

“My ouma is van Kleinzee en wou graag huistoe kom.”

Sy sê op Sondag het die familie besluit om op ‘n uitstappie see toe te gaan, minwetend dat dit hul laaste oomblikke met Austin sou wees.

Kloppers sê die familie se daaglikse taak nou- is om Austin se liggaam te vind.

“Ons loop elke dag langs die kus totdat die son sak.”

“Ons wil hê hy moet weet dat sy familie nie moed opgegee het om hom te vind nie.”

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Luitenant Kolonel Dimakatso Mooi het gesê dat lede van die duik-eenheid reeds op Sondag ontplooi is.

Mooi het gesê dat ‘n helikopter ook ontplooi gaan word om hulp te verleen.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *