Man gevang vir koperdiefstal

‘n 50-jarige man is Maandag deur lede van die Upington-grenspolisie in hegtenis geneem met vermoedelik gesteelde koperdraad in sy besit.

 ‘n Polisie-woordvoerder, Sersant Sharon Masegela het gesê dit kom nadat die polisie gewaarsku is oor ‘n man wat koperkabels probeer verkoop het by een van die skrootmetaalhandelaars in die Rosedale omgewing.

Met die polise se reaksie, is die verdagte aangekeer met die koperdraad met ‘n geraamde straatwaarde van ongeveer R17 000.

Die koper is gekonfiskeer en die ondersoek duur voort. Die verdagte sal binnekort voor die Upington landdroshof verskyn.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *