Polisie opsoek na oorledene se familie

Die polisie op Warrenton is steeds opsoek na die familie van ‘n oorledene wat in Junie vanjaar in ‘n bos gevind is.

‘n Polisie-woordvoerder, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die 80-jarige man het homself na bewering in die veld opgehang het voordat hy deur tieners ontdek is.

Die bejaarde man is intussen as Aaron Dube geïdentifiseer.

Mohale sê inligting wat deur die polisie ingewin is, dui daarop dat Dube alleen in ‘n informele nedersetting op Warrenton gebly het.

Dube se liggaam bly sedertdien in staatsveiligheid omdat niemand na vore gekom het om dit op te eis nie.

Die polisie doen egter ‘n beroep op enigeen wat hom ken of inligting oor sy familie het, om sersant Anita Swart by die Warrenton polisie te kontak by 072 193 4272 of 053 836 0640/0633.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *