LUISTER: Polisie konfiskeer 17 onwettige voertuie

Die polisie se misdaad-ondersoekeenheid in Kimberley het vandeesweek 17 voertuie gekonfiskeer tydens ‘n misdaadvoorkomings-operasie.

Die operasie, in samewerking met munisipale wetstoepassing en SARS-doeane het gefokus op vervalste goedere en onwettige buitelandse voertuie.
Die voertuie is tans in die polisie se besit.

‘n Provinsiale woordvoerder, Kolonel Mashay Gamieldien het gesê daar word vermoed dat gekonfiskeerde voertuie nie die SARS- en doeaneprosesse ondergaan het nie, en sommige word glo gebruik om misdaad in die land te pleeg.

Sy sê hierdie voertuie kan nie opgespoor word nie, aangesien dit nie op eNatis sisteem geregistreer is nie.

SARS sal verdere ondersoek instel na hoe hierdie voertuie die land binnegekom het en te make het met diegene wat betrokke was by die verkoop van hierdie ongeregistreerde voertuie.

Sars het verlede jaar ingevoerde onwettige voertuie ter waarde van nagenoeg R4 miljoen vernietig. Dié proses het gevolg weens die onverklaarbaarheid van die voertuie in verskillende doeanesektore.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *