NUUSFLITS: Tienerseun se liggaam op Kleinsee strand gevind

Die liggaam van 14-jarige Austin Kloppers is Donderdag-namiddag tussen 16:00 en 17:00 gevind, het die polisie gesê.

’n Woordvoerder vir die polisie in die provinsie, Luitenant Kolonel Dimakatso Mooi het bevestig dat Kloppers se liggaam op die strand op Kleinsee uitgespoel het, sowat 2 kilometer van waar hy onder die water verdwyn het.

Mooi het gesê ’n dossier vir ‘n geregtelike doodsondersoek sal geopen word.

Die tiener het verlede Sondag met familie-lede op ’n uitstappie see toe gegaan.

Die familie het vanaf die Wes-Kaap gereis op versoek van hul ouma wat baie siek is op Kleinsee.

’n Familie-lid wat namens die familie gepraat het, Lindsay Kloppers, het aan Radio NFM gesê dat Austin moontlik deur ’n brander meegesleur is.

Die Kloppers-gesin het egter sedert Austin verdwyning in die see, die polisie se duikeenheid, voortdurend help soek na sy liggaam.

“Daar was niks wat ons vir hom kon doen nie, maar ons kon wel tot die einde bly en aan Austin ‘bewys’ dat ons nie die dorp sal verlaat voordat ons hom nie gekry het nie. Sy familie het nie moed opgegee nie,” het Lindsay gesê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *