Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

LUISTER: Provinsiale jaarlikse seremonie vir matrikulante vandag geloots

Sowat 790 000 matrikulante in die land word verwag om vanjaar hul eind-eksamens af te lê.

Dié totaal is 40 000 leerders minder as in 2018.

Die Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul en die waarnemende LUR vir onderwys, Berenice Sinxeve – het vandag die provinsiale ondertekeningseremonie by die Hoërskool Veritas in De Aar bygewoon.

Hierdie seremonie is egter ‘n jaarlikse tradisie in die land om matrikulante aan te moedig voor die begin van die eind-eksamens.

Saul het gesê die departement van onderwys verwag van alle kandidate om hul beste te gee vir hierdie eksamen en hulself weerhou van enige onreëlmatighede.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES