Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

VIDEO: Richtersveld fees skop af op Kuboes

Die jaarlikse Richtersveld kultuur-fees vanjaar op Kuboes, het klein en groot by die VGK- kerksentrum plaaslike inwoners gelok om kultuur te vier.

Suid-Afrika het oor die jare verskeie feeste gesien wat vele belangstelling vanuit gemeenskappe uit verskeie dorpe gekweek het, maar die fees op Kuboes is daarop gemik om kultuur te bevorder.

Dit vorm deel van die provinsiale departement van sport, kuns en kultuur se raamwerk om ‘n gekultiveerde gemeenskap in afgelee dorpe soos Kuboes te kweek.

‘n Woordvoerder vir die departement van sport, kuns en kultuur in die Namakwa-distrik, Bertie Saal het gese die departement is vasbeslote om alle kulture in die provinsie te verbind.

“Inwoners in die Namakwa-distrik beskik oor ‘n baie ryk kultuur, en daardie kultuur moet omskep word in bewusmaking om belangstelling te kan kweek onder die jeug,” het Saal gese.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *