Twee mans agter tralies vir handel met renoster horings

Twee mans is verlede week deur die Valke in die Noord-Kaap in hegtenis geneem vir die beweerde handel met renoster-horings.

‘n Woordvoerder vir die Valke, Nomthandaso Mnisi het gesê die paar is Donderdag, 10 Oktober aangekeer tydens ‘n gesamentlike operasie tussen die Valke se ernstige georganiseerde misdaad-ondersoekspan, die Veediefstal-eenheid en SANparke.

Matheus Willem Johannes Viljoen (55) en Gerrit Michael Johannes Davies (65) het verlede Vrydag in die Kimberley landdroshof verskyn.

Die twee is glo vas na ‘n mislukte poging om die horings te verkoop.

Hulle was in besit van twee renosterhorings en vyf ander kleiner stukke ter waarde van R1,9 miljoen.

Die span het ook beslag gelê op ‘n Astra-rewolwer en ‘n voertuig wat in die pleging van die beweerde misdaad gebruik is.

Mnisi het gesê hulle staan ​​tereg op aanklagte van onwettige handel in renosterhorings en die oortreding van artikel 57 van die Wet op die Nasionale Omgewingsbestuur-Biodiversiteit (Nemba), artikel 57 van 2009.

Die saak teen die twee mans is tot 18 Oktober uitgestel vir ‘n formele borgaansoek.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *