Modderrivier vrou doodgesteek

Die polisie op Modderrivier ondersoek ‘n moord op ‘n 37-jarige vrou verlede Sondag.

‘n Polisie-woordvoerder, Brigadier Mohale Ramatseba sê ‘n 36-jarige man is minute later op die sokker-stadion op Richie in hegtenis geneem.

Ramatseba het gesê die beskuldigde se gewese vriendin, Elsie Tshabalala is noodlottig met ‘n mes gewond in ‘n straat naby haar huis.

“Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie – en word steeds ondersoek,” het Ramatseba gesê.

Hy het gevra dat enigeen met inligting rondom die voorval word gevra om kontak te maak met speur-konstabel Renska Seekoei by 082 301 9995.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *