Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

R70 000 se dwelms in veld op Port-Nolloth gevind

Die polisie op Port Nolloth het onlangs dwelms gekonfiskeer met ‘n geraamde straatwaarde van R70 000.

‘n Polisiewoordvoerder, Kaptein Sergio Kock het gesê die polisie het leidrade opvolg oor moontlike dwelmverwante aktiwiteite op die R382 net buite Port Nolloth.

Kock sê ‘n verlate sak met dwelms daarin, is langs die pad gevind. Hy sê die ondersoek duur voort en die middels sal deur die polisie se forensiese laboratorium getoets word.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES