Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

LUISTER: Verkragter kry 22-jaar agter tralies

’n Verkragter in die Noord-Kaap is gister ’n vonnis van 22-jaar opgele vir die verkragting van ‘n 12-jarige meisie.

Pakisho Tsotetsi (43) het gister in die Galeshewe streekshof gevonnis.

Tsotetsi het sy 12-jarige slagoffer in sy huis gelok toe sy water by hom gevra het. Die meisie het in die straat naby sy huis gespeel.

’n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het gesê Tsotetsi het die meisie binne sy huis verkrag.

“Die polisie het hom [Tsotetsi] op die dieselfde aan in hegtenis geneem en hy het in aanhouding gebly tot sy vonnis-uitspraak deur die hof,” het Kock gesê.

Kock het verder gesê die polisie se GKS-hoof, Brigadier Nicky Mills het die ondersoekbeampte, speur-adjudant Reginald Zephe geprys vir sy noukeurige ondersoek wat gelei het na ’n effektiewe vonnis.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *