Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Trio-tiener moordbeskuldigdes steeds in aanhouding

Die drie minderjarige beskuldigdes op die moord van ‘n 17-jarige hoërskool leerder, het nie aansoek gedoen om borgtog nie, het die nasionale vervolgingsgesag (NVG) gesê.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die NVG, Phaladi Shuping het gesê die drie beskuldigdes het nòg nie aansoek vir borgtog nie, maar hofverrigtinge duur steeds voort op 1 November.

“Die minderjarige beskuldigdes sal in ‘n plek van veiligheid in aanhouding bly totdat die hof anders beslis,” het Shuping gesê.

Die drie 17-jarige leerders het vroeër vandeesmaand in die Postmansburg-landdroshof verskyn na die dood van ‘n medeleerder wat na bewering by die Blinkklip Sekondêre Skool aangeval is.

Die trio het na bewering op Dinsdag 8 Oktober die oorledene, Itumeleng Witbooi gestenig nadat ‘n geveg by die skool uitgebreek het.

Witbooi het aan beserings beswyk en is Woensdagoggend, 9 Oktober in die hospitaal dood.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES