Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

VIDEO en GALLERY: Plaaslike kollege vereer ontslape kollega

OKIEP- ‘n Boom ter herinnering aan die ontslape Shayn “Shanelle” Segels is Maandag-oggend by die Namakwaland Kampus op Okiep geplant, tydens ‘n gedenkdiens.

Die kollege se personeel, vriende en lede van die LGBTQI+ – gemeenskap het die gedenkdiens bygewoon.

Segels was ‘n lid van die LGBTQI+ – gemeenskap en ook ‘n geliefde werknemer by die kollege.

https://youtu.be/46tGGRqUagc

Hy is dood in ‘n motorongeluk in Augustus vanjaar.

Werner Whitlow, een van Segels se kollegas het gesê die rede vir die gedenkdiens is om veral die goeie dade, werk en ook sy lewe te vier, onthou en virewig voort te laat leef.

‘n Bekende motiveringspreker, en plaaslike radio-omroeper, Samantha Angula het ‘n inspirerende boodskap gedeel.

“Ons leef in ‘n tyd waar dit so maklik is om mekaar te vergeet, maar die uniekheid van ons eie wêreld hiér is ‘n bewys dat ons omgee vir mekaar en die goeie impakte wat ons medemense op ons maak,” het Angula gesê.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *