Drie verkragters kry lewenslange tronkstraf
KAKAMAS- Die Upington se streekhof het gister, 21 Oktober drie mans tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir verkragting.
Die verkragters, Pule Labase (20) en Lesego Dawid Lentswe (26) is albei lewenslange vonnisse opgelê terwyl 25-jarige Lefa Petrus Makhotsa 20-jaar agter tralies sal uitdien.
‘n Polisiewoordvoerder, Kaptein Sergio Kock sê die voorval het in April 2014 plaasgevind waar die drie verkragters vanaf die toneel gevlug het. Hulle is vyf maande later in hegtenis geneem.
“Die trio was aanvanklik onbekend, maar verskeie ondersoeke deur die polisie kon hulle tot die misdryf verbind,” het Kock gesê.
Hy sê die polisie het hul borgtog suksesvol teengestaan en die beskuldigdes was in aanhouding tot hul vonnisoplegging.
Die waarnemende adjunk provinsiale kommisaris vir misdaadopsporing in die Noord Kaap, Brigadier Nicky Mills het die ondersoekbeampte geprys vir die hoe gehalte van die ondersoek.
Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *