Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

NUUSFLITS: Springbok polisie konfiskeer R2 miljoen se dagga
Illustrasie foto: 🇸🇮 Janko Ferlič - @specialdaddy on Unsplash

Die Springbok polisie het verlede Vrydag twee beweerde dwelmhandelaars in hegtenis geneem nadat die polisie bykans R2 miljoen se dagga in hul besit gekry het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het gesê die polisie het inligting opgevolg oor ‘n bus wat Johannesburg reis na Kaapstad, via Springbok.

Kock het gesê die bus is deursoek en die polisie het beslag gelê op 15kg hibriede dagga wat in die bagasie van twee verdagtes versteek was.

Hy sê die man- en vroulike verdagtes het reeds in die Springbok landdroshof verskyn.

Die duo sal na verwagting weer op Woensdag 23 Oktober in die hof wees vir ‘n formele borgaansoek.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES