Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

VIDEO & GALLERY: Matrieks opgewonde oor eindeksamen

Die nasionale departement van onderwys het vroeër vandeesmaand aangekondig dat sowat 790 000 matrikulante in die land word verwag om vanjaar hul eind-eksamens af te lê.

Dié totaal is 40 000 leerders minder as in 2018.

Die Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul het ook vroeër tydens die ondertekening van die jaarlikse gesê die departement van onderwys verwag van alle kandidate om hul beste te gee vir hierdie eksamen en om hulself weerhou van enige onreëlmatighede.

Leerders van Okiep Hoërskool het hul menings oor hul laaste dae in matriek met Radio NFM in video- en klank-opnames gedeel.

Okiep Hoërskool se kunsklas het ook onlangs hul kunswerke waaraan hulle deur die loop van jaar gewerk het, uitgestal.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *