Williston man gevang met dwelms
Die polisie hiér het Maandag saam met die Calvinia se honde-eenheid sowat R12 000 se dwelms uitgesnuffel tydens ‘n misdaad-intelligensie operasie.
‘n Polisiewoordvoerder, Kaptein Sergio Kock het gesê ‘n 33-jarige man is vasgetrek by sy huis op Williston.
Die polisie het die perseel deursoek en 36 volle Mandrax tablette, 17 kwart Mandrax tablette, 13 sakke dagga, 26 pakkies tik, ‘n weegskaal en ‘n onbekende bedrag geld gekonfiskeer.
Die verdagte sal binnekort in die Williston Landdroshof verskyn.
Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *