Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

LUISTER: Goeie begin vir Noord-Kaap matriek- eksamen
Illustrasie foto: Feliphe Schiarolli on Unsplash

Die Noord-Kaapse departement van onderwys is tevrede met die begin van die 2019 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) -eksamens.

Die departement se woordvoerder, Geoffrey van der Merwe het gesê ‘n somtotaal van 11 512 voltydse kandidate en 2024 deeltydse kandidate oor 150 eksamensentrums het vandag Engels vraestel 1 afgelê.

“Ons kan bevestig dat alle kandidate betyds by hul onderskeie eksamenlokale opgedaag het en geen uitdagings is aangemeld nie.”

Die departement het reeds verlede week verklaar dat hy gereed is om die 2019 NSS te administreer.

“Ons het al die stelsels in plek om ‘n geloofwaardige NSS-eksamen, vry van enige onreëlmatighede te verseker. Ons sal voortgaan om al ons eksamensentrums noukeurig te monitor vir die duur van die NSS-eksamen,” het van der Merwe gesê.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES