Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Somaliese burger gevonnis vir omkopery
Illustrasie foto: Jason Milford

‘n 49-Jarige Somaliese burger, Alamin Mohammed, is vroeër vandeesmaand tot drie jaar tronkstraf gevonnis in die Kimberley landdroshof vir korrupsie en omkopery.

‘n Woordvoerder vir die Valke, Nomthandazo Mnisi het gesê Mohammed is op 07 September 2016 deur die Valke se korrupsie-ondersoekspan in hegtenis geneem, nadat hy omkoopgeld van R12 000 aan ‘n immigrasiebeamptes betaal het.
Mnisi het gesê die omkoopgeld was vir die vrylating van sy landgenoot wat in hegtenis geneem is omdat hy onwettig in Suid-Afrika was.
Mohammed is skuldig bevind en tot (3) jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis en ook R6 000 of twaalf maande gevangenisstraf opgelê.
“Die hof het Mohammed ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te dra.”
Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES