Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Springbok Cansa Relay for Life
Deelnemers aan die Cansa Relay For Life op Springbok. Fotos: Verskaf

Die jaarlikse CANSA Relay for Life het onlangs op die Springbok sportgronde plaasgevind onder die tema: Why do I Relay?

Cansa Relay For Life het groot opslae in Suid-Afrika gemaak en die afgelope jaar het meer as ‘n 100 gemeenskappe aan die Relay For Life-geleenthede regoor die land deelgeneem.

Ongeveer 21 spanne het aan vanjaar se Relay deelgeneem en word bestempel as Cansa se grootste fondsinsamelingsprojek.

Die onus bly egter steeds op bewusmaking en elke span doen ‘n uitbeelding van die tipe kanker waardeur hulle geraak is.

Geraldine Baadjies van die Cansa-kantoor op Springbok beskou vanjaar se Relay as ‘fenominaal’.

Die Relay For Life is ‘n unieke geleentheid wat almal in die gemeenskap die geleentheid bied om deel te neem aan die stryd teen kanker.

Dit verteenwoordig HOOP dat diegene wat kanker beveg, ondersteun sal word; dié wat aan kanker verlore is, sal nooit vergeet word nie en kanker eendag uitgeroei kan word.

Die Cansa Relay For Life betrek die hele gemeenskap va jonk tot oud. Spanne samel fondse in voor en tydens die aflos en hierdie fondse word toegewy om die unieke, geïntegreerde diens van Kansa binne die gemeenskap te befonds.

Relayers beloof tydens ‘n Fight Back-seremonie om aksie te neem en bewusmaking van kankeropvoeding, voorspraak, sifting sowel as sorg- en ondersteuningsprogramme te versprei – alles om ‘n wêreld sonder kanker te bou.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES