Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

R11 miljoen vir Namakwa droogtehulp
Die LUR vir die departement van landbou, grondhervorming, omgewing en landelike ontwikkeling, Nomandla Bloem tydens die oorhandiging van die droogtehulp aan boere op Ritchie.

Die Namakwa-distrik kan sowat R11 miljoen verwag vanuit die R30 miljoen wat deur die adjunkpresident, David Mabuza beloof was om droogtehulp aan boere in die Noord-Kaap.

Op grond van daardie verbintenis,  het die LUR vir die departement van landbou, grondhervorming, omgewing en landelike ontwikkeling, Nomandla Bloem, reeds vandag met die verspreiding van die droogtehulpmiddels begin.

Voer ter waarde van R60 000 is ingesamel en versprei aan boere in die Ritchie-omgewing en hoofsaaklik vir Prieska in die Pixley Ka Seme-distrik.

Bloem het gesê dat die mees droogte-geteisterde areas eerste hulp sal ontvang.

‘n Implementeringsplan waarin die geld bestee word, is op 11 Oktober  goedgekeur en met die georganiseerde landbou gedeel.

Die plan het drie sleutelfokusareas wat die volgende is:

  • Direkte aankoop van voer by koöperasies en projekte wat tans voorraad het,
  • Aanplanting van mielies in die Richtersveld en Khai-Ma,
  • Vervoer van geskenkte voer en voer vanaf die voedingsbank en uiteindelik;
  • Die uitbreiding van die voerbank.

‘n Kritieke deel van die implementering is die opdatering van die boereregister en hierdie proses het reeds vanaf 14 Oktober begin.

Die Namakwa-streek het die konsolidering van sy lys gefinaliseer en ander gebiede is nog steeds besig met die registrasieproses, wat teen 25 Oktober afgehandel sal word.

“Daar moet op gelet word dat die departement begin met die gebiede wat die ergste getref is in die Namakwa-distrik en die oorgangsgebiede in Kareeberg en Kai! Garib plaaslike munisipaliteite op Maandag 28 Oktober ,” het  Bloem gesê

“Ons sal aan die einde van Oktober en in November 2019 ander gebiede bereik. Bewyse word vanaf 28 Oktober 2019 in Namakwa uitgereik, gevolg deur ZF en Pixley en boere sal binne daardie week hul voer kan haal,” het sy gesê.

Die departement het 400 bale (160 ton of 9 interverbindings) van die voerkraalbank vrygestel vir onmiddellike ingryping met die hulp van die georganiseerde landbou.

Die verdeling van die fondse per distrik is soos volg:

Namakwa: R11 miljoen

Pixley Ka Seme: R3,5 miljoen

Frances Baard: R3 miljoen

John Taolo Gaetsewe: R5 miljoen

ZF Mgcawu: R3 miljoen

Die droogtesituasie in die Noord-Kaap is in die vroeë waarskuwingsverslag van Mei 2019 uitgelig, deurdat die afwesigheid van laat somerreën in 2019 sowel as die gebrek aan beduidende reën in die vroeë winterperiode deur die hoër as gemiddelde temperature vererger is.

Dit het gelei tot ‘n beduidende verskuiwing in die plaasgedeeltes wat gedurende die Mei 2019 as droog geklassifiseer is, tot uiters droog in Julie 2019.

Die omvang van hierdie droogte beïnvloed al vyf distrikte, en daar is aanbeveel dat al die distrikte van die Provinsie as rampgebiede verklaar word en dat die droogte as ‘n droogte-ramp provinsie geklassifiseer word.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *