Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Port-Nolloth polisie kry dwelms tydens operasie
Dagga is gevind op een van die verdagtes. Foto: Verskaf

Die polisie op Port-Nolloth en Springbok se honde-en veediefstal eenhede het gedurende ’n misdaad-operasie beslag gelê op dwelms van bykans R10 000.

’n Polisiewoordvoerder, Kaptein Sergio Kock het gesê die polisie het inligting rakende die beweerde dwelmhandelaktiwiteite opgevolg en tik en mandrax in ’n huis gevind waar dit in die toiletbak versteek was.

’n Beduidende hoeveelheid kontant is ook op die perseel gevind. En tydens operasionele pligte, het die polisie ’n verdagte man in ’n nabygeleë veld raakgesien.

Kock sê die polisie het hom agtervolg en in hegtenis geneem nadat sowat 25 pakkies dagga op hom gevind is. Die geraamde straatwaarde van die dagga beloop ongeveer R7500.

Albei mans is in hegtenis geneem weens dwelmhandel en die ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES