Buitelandse man vas vir dwelms
Die dwelms wat tydens die operasie gekonfiskeer was. Foto: Verskaf

KEIMOES – ’n Buitelandse man is Sondagaand omstreeks 20:00 vir dwelms in hegtenis geneem. Die beraamde straatwaarde van die tik en Mandrax wat in die verdagte se besit gekry was beloop R4 800.

Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Kolonel Mashay Gamieldien, sê die konstabels Vuyo Nxusani, Mxolisi Segedi en Louis Coetzee het ’n anonieme wenk ontvang. Die wenk het gelei dat dwelms aan ’n huis van ’n buitelander in Lillielaan op Keimoes afgelewer was.

Die polisie het tydens ‘n klopjag die dwelms gekonfiskeer en die verdagte is vir besit van dwelms in hegtenis geneem.

Gamieldien sê die verdagte gaan binnekort in die Keimoes-landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel en die besit daarvan.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *