Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Man in hof vir meisie se moord
Illustrasie foto: by Javardh on Unsplash

‘n 32-Jarige vrou in Kimberley is oor die naweek vermoedelik deur haar kêrel met ‘n mes doodgesteek.

‘n Polisiewoordvoerder, Brigadier Mohale Ramatseba sê die liggaam van Mases Cross is Saterdag omstreeks 18:00 in haar huis in Galeshewe gevind.

Die 29-jarige beskuldigde, Thabo Khonkobe is op die toneel in hegtenis geneem en het reeds in die Galeshewe-landdroshof verskryn op ‘n klagte van moord.

Ramatseba sê die motief vir die voorval word steeds ondersoek en dat Khonkobe op November terug in die hof sal wees.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES