Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Nababeep gemeenskap rig kruis op vir Marisca Saal
Inwoners op Nababeep luister na pastoor Jacobus Christiaans tydens die gedenkdiens. Inlasfoto: Marisca Saal. Fotos: Verskaf

‘n Groot groep mense van die Nababeep gemeenskap het Dinsdag-namiddag in ‘n plakaatbetoging teen dwelms deur die dorp se strate gestap.

Dit kom nadat die gemeenskap steeds in rou gedompel na die selfmoord van Marisca Saal.

Saal het glo op Sondag, 20 Oktober haar eie lewe geneem net ná sy uit die kerk gekom het. Sy was 32-jaar oud toe sy haar in ‘n boom, nie vêr van die kerk af, opgehang het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Adjudant Gerrit Cloete, het bevestig dat die voorval ondersoek word.

Haar ouers, Mark en Monica Saal het erken dat hul dogter met ‘n dwelmprobleem gesukkel het.

Betogers het ten einde by die boom bymekaar gekom waar Saal haar lewe geneem het, waar pastoor Jacobus Christiaan ‘n gedenkdiens gehou het.

Saal se familie het ‘n kruis daar geplant, en ook die tou waarmee sy haarself opgehang het, afgebrand.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *