Ritchie-gemeenskap plunder munisipale gebou in protesaksie
Illustrasie foto: Pawel Janiak on Unsplash

RITCHIE -Protesaksies wat vroeër die week op Ritchie, naby Kimberley in die Noord Kaap plaasgevind het, het daartoe gelei dat die munisipale gebou afgebrand het, luidens onlangse berigte in die media.

Revelation Ndumiso, ’n inwoner, sê die protesaksie het gisteroggend in die area plaasgevind en die polisie was na die toneel ontplooi.

Sy sê die brandweer kon nie die brandende gebou betyds bereik nie.

Volgens ’n polisiewoordvoerder, Brigadier Mohale Ramatseba het die provinsiale kommissaris van die Suid-Afrikaanse polisiediens, Luitenant-Generaal Risimati Shivuri die brand van die munisipale gebou streng veroordeel.

Ramatseba sê daar is nog geen arrestasies uitgvoer nie en enigiemand met inligting word versoek om die stasiebevelvoerder, Kaptein Deon Rheeder te kontak by 082 469 0193.

Inligting sal as streng vertroulik hanteer word.

“Lede van die polisie monitor die situasie en die polisie ondersoek ’n saak van brandstigting,” het Ramatseba bygevoeg.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *