OPVOLG: Vyf geboei vir openbare geweld
Illustrasie foto: Pexels
RITCHIE – Drie mans en twee vrouens is gister in hegtenis geneem in verband met die brandstigting by ’n munisipale gebou op Ritchie naby Kimberley.
Al vyf verdagtes is vas vir ’n klag van openbare geweld.
’n Polisiewoordvoerder, Brigadier Mohale Ramatseba, het die arrestasies bevestig.
Luidens verskeie beweringe protesteer woedende gemeenskapslede teen swak dienslewering in die omgewing, het Ramatseba gesê.
Luitenant-Generaal Risimati Shivuri het gevra dat gemeenskapslede op Ritchie kalmte moet handhaaf na die voorval.
Shivuri het ’n beroep gedoen op gemeenskapslede om uitdagings wat hulle in die omgewing ervaar, aan te meld.
Die vyf verdagtes gaan binnekort in ’n plaaslike landdroshof verskyn.
Die polisie-ondersoek duur voort.
Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *