Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Skrootwerf eienaars geboei vir moontlike besit van staatseiendom
Illustrasie foto: Leo Fosdal on Unsplash

DE AAR: Twee persone van hiér is Woensdag-oggend in hegtenis geneem toe die polisie tydens ‘n
operasie noodsaaklike infrastruktuur op hul skrootwerf gevind het.

Die Noord-Kaapse provinsiale SAPD se vuurwapen-, drank- en tweedehandse goedereenheid, Transnet
en De Aar SAPD se aangewese kantoor vir tweedehandse goedere het die operasie op die dorp
uitgevoer.

Die operasie se doel was om voldoeningsbesoeke aan ewekansige skrootmetaalhandelaars af te lê.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het gesê een man (34) en een vroulike (55)
eienaars van die skrootwerf is kragtens die Wysigingswet op Strafwette 18 van 2015 gearresteer weens
die besit van noodsaaklike infrastruktuur.

“Die polisie het die goedere wat na bewering aan Transnet behoort het, soos spoorweë, moere, boute en
ander toerusting gekonfiskeer,” het Kock gesê.

Hy sê die geraamde waarde van die gekonfiskeerde goedere is ongeveer R200 000. Die ondersoek duur
voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *