Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

23-Jaar vir verkragter
Illustrasie foto: Melanie Wasser on Unsplash

Nog ’n verkragter is vandeesweek tot 23-jaar tronkstraf gevonnis nadat hy in die Danielskuil streekshof skuldig bevind is.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het gesê, Immanuel George (39), het sy 19-jarige slagoffer in ‘n veld gesleep voordat hy haar verkrag het.

“Hy het gedreig om haar met klippe te beseer, haar verkrag en van haar selfoon beroof,” het Kock gesê.

Kock sê George is in Oktober 2016 in hegtenis geneem en het in aanhouding gebly tot sy vonnis-uitspraak.

“Die waarnemende provinsiale kommissaris vir die opsporing van misdaad in die Noord-Kaap, Brigadier Nicky Mills, het die ondersoekbeampte, Adjudant Deborah Bob van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) op Postmasburg, geprys vir haar noukeurige ondersoek in hierdie saak.”

“Die groot steun wat die polisie ook van die gemeenskap ontvang het, is baie prysenswaardig en kan sekerlik toegeken word met hierdie goeie vonnisoplegging,” het Mills gesê

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES