Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Eskom beplan om Richtersveld af te skakel
Illustrasie foto: Matthew Henry on Unsplash

Die Richtersveld gemeenskap kan binnekort in die duister wees wanneer die land se kragvoorsiener, Eskom, die gebied gaan afskakel.

Dit kom nadat die Richtersveld munisipaliteit in meer as R10.5 miljoen se skuld gedompel is by Eskom.

Eskom het ʼn reuseverlies van R21 miljard in die boekjaar tot einde Maart gely en sê hy is daartoe verbind om sy skuldlas in te vorder.

In ‘n kennisgewing het die kragvoorsiener gesê: “Ten einde die nasionale belang in die volhoubaarheid van elektrisiteitsvoorsiening te beskerm, het dit nodig geword dat Eskom sy reg uitoefen om die voorsiening van elektrisiteit aan die Richtersveld Munisipaliteit te staak.”

Die Richtersveld se munisipale bestuurder, Syndey Adams het aan Radio NFM gesê dat inwoners nie sonder elektrisiteit sal wees nie.

Adams het gesê dat gesprekke met Eskom daartoe gelei het dat die munisipaliteit aan die reguleerder se vereistes sal voldoen.

“Ek het my verantwoordelikhede nagekom en dit blyk asof dinge opgeklaar kan word,” het Adams gesê.

Please follow and like us:
News

One thought on “Eskom beplan om Richtersveld af te skakel

  1. Die Makhado Munisipaliteit het verlede jaar ‘n hofsaak teen Eskom gewen. Die hof se uitspraak was dat dit onwettig is vir Eskom om die area se krag af te sny, aangesien die munisipaliteit verantwoordelik is vir die betaling aan Eskom en nie die verbruikers nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *