Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Botsing eis vrou se lewe
llustrasie foto: Matthew T Rader on Unsplash

SPRINGBOK: ‘n Botsing op die N7 naby Springbok het verlede week die lewe van ‘n 26-jarige vrou geeïs.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana het bevestig dat dié noodlottige ongeluk gedurende die vroeë oggendure op Vrydag 1 November afgespeel het.

” ‘n 26-jarige vrou is noodlottig gewond in ‘n ongeluk waarin twee voertuie naby Springbok betrokke was,” het Tawana gesê.

Hy het gesê die slagoffer was ‘n passasier en is deur die paramedici op die toneel dood verklaar.
‘n Ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *