Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Onderwyser ‘peuter’ glo met leerlinge
Illustrasie foto: Feliphe Schiarolli on Unsplash

‘n Hoërskool onderwyser verbonde aan ‘n skool in Galeshewe in Kimberley word daarvan beskuldig dat hy vele verhoudinge met jong meisies gehad het by die skool.

Daar word ook beweer dat dié onderwyser glo ‘n kind het by ‘n leerling wat verlede jaar gematrikuleer het.

Dié onderwyser word glo ook verbind aan ‘n saak van verkragting wat tans in die hof aangehoor word.

‘n Woordvoerder vir die departement van onderwys, Geoffrey van der Merwe het gesê die departement is bewus van die aantygings.

“Die Noord-Kaapse departement van onderwys is bewus van die aantygings teen ‘n opvoeder van die Hoërskool Vuyolwethu oor seksuele verhoudings met leerders,” het van der Merwe in ‘n verklaring gesê.

Hy sê die bewerings is deur ‘n anonieme persoon onder die aandag van ‘n distrikskantoor gebring.

“Ons distrikskantoor is besig met die ondersoek en sal op 8 November ‘n voorlopige verslag beskikbaar hê.”

Van der Merwe het verder gesê dat afhangend van die uitslag van die ondersoek, alle tugprosedures gevolg word.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES