Polisie ywerig om misdaad dié feesseisoen hok te slaan
Lede van die raad tydens die vergadering. Foto: Verskaf

KIMBERLEY: Misdadigers kan gedurende die komende feesseisoen verwag om hul rieme styf te loop.

Die provinsiale Gemeenskaps-polisiëringsraad het verlede Saterdag ‘n strategiese vergadering gehou by die Kimberley polisiestasie. Tesame met die die polisie se bestuur het hulle strategieë gewek om misdaad oor die komende feesseisoen te beveg.

Teen-Misdaad organisasies soos Jeug Teen Geweld, Buurtwagte, Plaaswagte en Vroue Teen Misdaad het almal hul ondersteuning en deelname in die projek beloof.

‘n Lid van die raad, Ephraim Homan het die konsep geprys. Die Gemeenskappe in Blou konsep was verlede maan op De Aar geïmplementeer en veiligheidspatrollies deur lede van die gemeenskap was ook ingestel.

“Ons is daartoe verbind om kriminele aktiwiteite hok te slaan en te verseker dat alle vorme van misdaad in alle gemeenskappe bekamp word,”het Homan gesê.

Die provinsiale kommisaris, Luitenant-Generaal Peter Shivuri het in sy toespraak die belangrikheid van polisiëringsvenootskappe en betrokkenheid van gemeenskappe by teen-misdaad strukture aangehaal.

Shivuri het hulpbronne toegewy om dienste te bevorder, wat daarop gemik is om misdaad in die hele provinsie te bekamp.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *