Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Geliefde Concordia-inwoner sal onthou word vir haar glimlag
Georgina Saal. Foto: Verskaf

Die Concordia-gemeenskap is verlede Vrydag-oggend in rou gedompel nadat nuus ontvang is dat ‘n geliefde inwoner in ‘n motor-ongeluk omgekom het.

Die 32-jarige Georgina ‘Gina’ Saal was ‘n insittende van ‘n voertuig toe dit met ‘n ander bots.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana het die noodlottige voorval bevestig en gesê dat sy deur paramedici op die toneel dood verklaar is.

Die ondersoek duur steeds voort.

‘n Familievriend na-aan Gina, het gesê sy was altyd ‘n vriendelike persoon en het altyd ‘n glimlag op haar gesig gehad.

“Sy het altyd geglimlag, al het sy soms deur ‘n moeilike tyd gegaan.”

“Gina was ‘n natuur mens en almal het van haar gehou. Sy het omgegee vir mense en hul welstand.”

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES