Minder as ‘n maand oor voor NSFAS aansoeke sluit
Foto: www.nsfas.org.za

Die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) het eergister bevestig dat hulle alreeds 287 769 aansoeke ontvang het.

Daar is tans minder as 26 dae oor vir vooremende studente om hul beursaansoeke in te dien voor dit sluit op 30 November 2019.

Studente wat beoog om volgende jaar by TVET Kolleges te studeer het van 23 001 verhoog tot 37 132 in Oktober.

Die Hulpskema het vroeër vanjaar studente met gestremdhede aangemoedig om aansoek te doen vir die NSFAS Gestermdheids Fonds wat hulp verleen aan studente met gestremdhede. Tot dusver is 775 aansoeke van gestremde studente ontvang.

KwaZulu Natal, Gauteng en Limpopo provinsies het tot dusver die meeste aansoeke ingedien.

NSFAS ontmoet dus gereeld met verskeie plaaslike en provinsiale instansies, veral in areas waar aansoeke min blyk, om studente aan te moedig om gebruik te maak van die hulpskema.

Hierdie ontmoetings het ook ten doel om die nodige ondersteuning aan studente te verskaf om hul aansoeke suksesvol in te dien.

‘n Kriteria is in plek gestel deur NSFAS en aansoekers moet ‘n Suid Afrikaanse burger wees en by voorneme wees om in 2020 te studeer by een van die 26 publieke universiteite of 50 TVET kolleges landwyd.

Meer inligting kan verkry word by: www.nsfas.org.za

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *