Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Hoërskool-onnie in aanhouding vir beweerde verkragting van leerder
Illustrasie foto.

‘n 25-Jarige manlike onderwyser aan die Hoërskool Dikgatlong op Delportshoop, sal na verwagting op 11 November in die Barkley-Wes landdroshof verskyn vir beweerde verkragting.

Daar word beweer dat die verdagte ‘n 15-jarige leerder tussen Augustus en Oktober 2019 verkrag het. Die meisie-leerder is na bewering op die skoolterrein verkrag terwyl sy ekstra skoollesse by die verdagte ontvang het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die verdagte is intussen van sy pligte onthef ná ‘n interne dissiplinêre prosesse van die Noord-Kaap se departement van onderwys.

Ramatseba het gesê die verdagte het in aanhouding gebly nadat sy borgtogaansoek op 04 November suksesvol deur die ondersoekbeampte teengestaan ​​is.

“Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe vir gesinsgeweld gaan voort met die ondersoeke,” het Ramatseba gesê.

Hy sê verder slagoffers van seksuele misdrywes word versoek om die stilte te breek en die wet toe te laat om die oortreders te ondersoek.

Lede van die publiek word ook aangemoedig om die MySAPSApp af te laai.

“Dit is ‘n mobiele toepassing wat op enige iPhone- of Android-toestel beskikbaar is.”

Met die sellulêre toepassing kan gebruikers maklike toegang tot die polisie hê, uiteensettings verskaf en anoniem inligting rakende misdaad aanbied.

Alternatiewelik kan die publiek ook die polisie misdaadnommer skakel by 086 00 10111.

Alle inligting wat aangebied word, sal streng en vertroulik behandel word.

 

Illustrasie foto:

Luis Galvez

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *