Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
NUUSFLITS: Garies vrouens in hof oor dagga kweekhuis
Dagga in potplante wat in die laboratorium gevind is. Foto: Verskaf.

Twee vrouens van 50- en 56-jarige ouderdomme is gister op Garies in hegtenis geneem nadat die Valke op ‘n hidroponiese laboratorium toegeslaan het.

‘n Woordvoerder vir die Valke in die Noord-Kaap, Nomthandazo Mnisi het gesê inligting wat aan die Valke verskaf is, het na die laboratium op die Eureka-plaas naby Garies gelei.

Mnisi sê sowat elf daggaplante wat in plantpotte gestaan het, is gekonfiskeer saam met toerusting, canabisroom sowel as verskeie olies wat verpak en verwerk is om daarmee te kweek en verkoop.

“Die waarde van die aanlegte en toerusting is ongeveer R 40 000.”

Carolina Lombard (56) en Huibrecht Cilliers (50) het reeds vandag op die Springbok se landdroshof verskyn op klagtes van handel met canabis.

Die duo is beide op R1 000 borgtog vrygelaat.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES