Lewenslange vonnisse vir moordenaars
Gershwin Swartz se liggaam is op 'n stortingsterrein gevind. Fotos: Verskaf.

NOORD-KAAP – Op Maandag 04 November is die moordenaars van die 24-jarige Gershwin Swartz in die hooggeregshof in Kimberley gevonnis.

Daar word berig dat ‘n lêer met ‘n vermiste persoon op 13 Julie 2016 geopen is toe die ouers van Gershwin hom as vermis by die polisie aangemeld het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê Shaun Karelse is op 15 Julie 2016 in hegtenis geneem weens die besit van die oorledene se besittings en die vermoede dat hy Gershwin se voertuig weggesteek het.

Ramatseba het gesê sy liggaam is in ‘n oop veld op die stortingsterrein op die R31 naby die skietbaan gevind. Die polisie is deur Karelse vergesel wat gaan uitwys het waar die liggaam gestort is.

“Die ondersoekbeampte het onvermoeid gewerk om die moordenaars op te spoor.”

Kamogelo Mochumi en Boitumelo Matlhola is in hegtenis geneem nadat hul name tydens die ondervraging genoem is, het Ramatseba gesê.

Die 27-jarige Karelse is tot 12 jaar gevonnis vir roof en 8 jaar vir ontvoering en lewenslange tronkstraf vir moord.

Mochumi (33) is tot 7 jaar gevonnis vir roof en 8 jaar vir ontvoering en lewenslange tronkstraf vir moord.

Matlhola (22) is tot 12 jaar gevonnis vir roof en 8 jaar vir ontvoering en 23 jaar vir moord.

Die waarnemende stasiebevelvoerder van Kimberley, Kolonel Sam Nkosi en die speurderbevelvoerder, Kolonel Rassie Victor het die ondersoekbeampte geprys vir die gehalte van die ondersoek wat gelei het na suksesvolle vonnisopleggings.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *