Projekbestuurder in tronk vir korrupsie
illustrasie foto: Jason Milford

NOORD-KAAP – Sebenzile Sidney Dlodlo (55), ‘n voormalige projekbestuurder van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust (IDT), is op Maandag 4 November deur die Barkly-Wes-streekhof skuldig bevind en gevonnis vir korrupsie.

Die Valke se ondersoekspan vir ernstige korrupsie het Dlodlo op 21 April 2015 in hegtenis geneem.

‘n Woordvoerder vir die Valke in die provinsie, Nomthandazo Mnisi het gesê Dlodlo se arrestasie het gevolg na bewerings van korrupsie waar hy omkoopgeld van R20 000 van ‘n private kontrakteur ontvang het in ruil vir tenders.

Nog ‘n bewering van die versnelling van betalingsprosesse van uitstaande geld het ook in die lig gekom, het Mnisi gesê.

Dlodlo is ingevolge artikel 276 (1) i van die Strafproseswet 51/1977 tot vier 4- jaar direkte gevangenisstraf vir korrupsie skuldig bevind en gevonnis.

Die IDT is ‘n privaat entiteit wat namens die regering verantwoordelik is vir die lewering van sosiale infrastruktuur en bestuursprogramme vir maatskaplike ontwikkelingsprogramme.

 

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *