VIDEO: Straatkarnaval op Springbok beloof groot vermaak
Die #OPBOK Straatkarnaval beloof om groot pret te wees. Foto: Verskaf.

‘n Straatkarnaval wat gereeld sy opwagting in Springbok se hoofstraat maak, beloof om vanjaar groter as ooit te wees.

Die #OPBOK Straatkarnaval het nie net ten doel om munt uit mens te slaan nie, maar ook om in die gemeenskap terug te ploeg.

Hierdie Karnaval het sedert sy opwagting, reeds meer as R100 000 se verligting aan verskeie behoeftiges geskenk.

Huis Harmonie die tehuis vir bejaardes op Bergsig, sowel as Hoërskool Namakwaland, Meals on Wheels en die Springbok Christian Academy het al baat by hierdie projek gevind.

Een van die organiseerders, Hermien Prinsloo het aan Radio NFM Nuus gesê dat vanjaar se karnaval beloof om die voriges te oortref.

Die karnaval vind môre in Voortrekkerstraat plaas op Springbok. Vir meer inligting of om nog ‘n kaartjie te kry, kan die volgende nommer geskakel word: 082 909 6609

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *