Vrou doodgesteek op Mothibistad
Illustrasie foto: by Javardh on Unsplash

KIMBERLEY – ‘n 21-Jarige man is vandeesweek in hegtenis geneem vir die moord op ‘n 59-jarige vrou.

‘n Provinsiale woordvoerder, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die Mothibistad polisie het die verdagte etlike ure ná die voorval in hegtenis geneem.

Ramatseba het gesê ondersoeke het bewys dat die verdagte vroeër vandeesweek die huis van die slagoffer binnegedring en haar doodgesteek het.

Die voorval het in die dorpie Seoding plaasgevind.

“Die bure van die slagoffer het geluide en ‘n geskarrel vanuit die huis van die slagoffer gehoor.”

Ramatseba het gesê die verdagte het van die toneel gevlug terwyl die bure ondersoek ingestel het.

Hy [die verdagte] is later aangekeer deur lede van die gemeenskap wat hom in die gemeenskapsaal op die dorp aangehou het, waar hulle hom aan die polisie oorgegee het.

“Die motief agter die moord op die slagoffer is nog nie bekend nie, maar die polisie-ondersoek duur voort,” het Ramatseba gesê.

Die Noord-Kaapse gemeenskapspolisieraad het die voorval in sterkste terme veroordeel.

Ramatseba doen egter ‘n beroep op die publiek om aktief deel te neem aan die gemeenskapspolisiëringsstrukture in die stryd teen misdaad.

Die verdagte sal na verwagting binnekort op die aanklag van moord in die landdroshof op Mothibistad verskyn.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *